Ek dink aan die dae, lank gelede. Ek peins oor al u dade, ek oordink die werke van u hande. (Psalm 143:5)
Baie van ons wat in ’n koue gebied grootgeword het, waar die temperatuur dikwels in die wintermaande onder vriespunt gedraai het, onthou met ’n warm gevoel die Sondagmiddae wat jou pa die gesinsmotor in die son getrek het om die Sondagkoerant te lees. Indien jy die strokiesverhale reeds die oggend gelees het en nie veel erg aan die nuus gehad het nie, het jy met een van die vele beskikbare jeugverhale op die agterste sitplek opgekrul.
Wanneer dit die keer gesneeu het – wat waarskynlik nie gereeld gebeur het nie – het geen koue jou egter gekeer om die wonder van die sneeu te ervaar nie. Dan het jou nat handskoene jou gevriesde vingers allermins teen die koue beskerm: Jy het uitgelate aan die sneeugevegte deelgeneem of ’n sneeuman gehelp bou.
Mooi herinneringe, selfs aan dae wat die koue tot in jou gebeentes ingetrek het, oorheers meestal die slegte tye. Daarom kan jy bladsye met goeie herinneringe vul en hopelik die gelukdiewe tot ’n lys van ’n paar beperk. Omdat die Here jou toegerus het met ’n wil om verby die slegte te kyk.
Ons moet steeds ons negatiewe gedagtes uitskud en die werke van God se hande oordink, oor sy dade peins, soos Psalm 143:5 sê. En ons moet deurlopend om ’n positiewe gees bid, al is dinge nie op daardie oomblik so aangenaam nie.