Gedagte vir die dag: ’n Uitstekende voorbeeld

Namakwa_kokerboomwoud-Copy.jp

Die kokerboomwoud (foto: Namakwa Toere)

Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het. Soos die Skrif dit stel: “Die persoon wat graag wil spog, mag net spog oor wat die Here vir hom gedoen het.” (1 Korintiërs 1:30-31)

Uiteindelik moet jy nie onthou word vir wat jy gedoen het nie, maar vir wat God deur jou en vir jou gedoen het. Jou doel is om ’n uitstekende voorbeeld te wees van God se grootheid en goedheid. Dan sal jy die voorreg hê om te weet God is tevrede om sy goeie werk deur jou tot stand te bring.

Is jy meer daarin geïnteresseerd om onthou te word vir jou eie suksesse of vir wat God deur jou gedoen het?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.