Gedagte vir die dag: Vader se huis

brug_see_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

In die huis van my Vader is daar baie kamers. Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak. (Johannes 14:2)

Christus se geboorte in ’n skrynwerker se huis was nie toeval nie. ’n Goeie skrynwerker werk versigtig en noukeurig en is trots op sy werk. Wanneer hy iets vir sy bruid of sy kinders maak, vind hy vreugde daarin om ekstra moeite te doen.

Die Nasaret-skrynwerker het die ganse heelal gebou. ’n Skrynwerker skep egter nie net nuwe dinge nie; hy herstel ook goed wat gebreek is. Jesus is ’n spesialis in herstelwerk aan dinge wat beskadig is – hetsy mense of wêrelde. Hierdie beskadigde skepping smag daarna om herstel te word, en dit is sy plan om die ou aarde op groot skaal te herskep. Hoe wonderlik sal die herstelde planeet wees wat Hy die nuwe aarde noem – die een wat Jesus sê vir altyd ons tuiste sal wees … asook Syne.

Jesus het hierdie gebroke wêreld sy bestemming gemaak sodat ons finale bestemming ’n plek sou wees waar elke vorm van gebrokenheid finaal tot ’n einde sal kom. – Paul David Tripp

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.