Gedagte vir die dag: Van altyd af

Reenboog_natuur_uganda_Stiltetyd_Marco-Brits.jpeg

Foto: Apoka Lodge, Uganda (Marco Brits)

Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag. (Kolossense 2:9-10)

Jesus se verklaring “voordat Abraham bestaan het, was Ek al wat Ek is” (Johannes 8:58), was ’n direkte verklaring dat Hy Jahwe is, die God wat genoem word “Ek is soos wat Ek is” (Eksodus 3:14). Ons weet dat dié wat Hom gehoor het presies verstaan het wat Hy gesê het, want hulle “het toe klippe opgetel om Hom daarmee dood te gooi” (Johannes 8:59).

In die Evangelie van Johannes maak Jesus nog “Ek is”-stellings wat sy Goddelikheid bevestig. Die God-mens sê: “Ek is die brood wat lewe gee” (Johannes 6:35, 48, 51); “die lig vir die wêreld” (Johannes 8:12; 9:5); “die deur” (Johannes 10:9); “die Goeie Herder” (Johannes 10:11, 14); “die opstanding en die lewe” (Johannes 11:25-26); “die weg en die waarheid en die lewe” (Johannes 14:6); “die druiwestok” (Johannes 15:5).

Jesus, wat van altyd af was, is die ewige “Ek is”.”

Dat Jesus self God is, is die hart van die Evangelie, want sonder sy Goddelikheid sou Hy nie ’n enkele siel kon red nie. – John MacArthur

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.