Gedagte vir die dag: Van hoeveel dinge kan ek verlos word?

 Ligtoring_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. (1 Johannes 1:7)

Kan ons van sondes verlos word en sondeloos lewe? Ja, ons kan van sonde verlos word, maar nee, ons kan waarskynlik nie sondeloos lewe nie. Kanselleer die een dan nie die ander een uit nie? Nee, nie noodwendig nie.

Jesus se bediening verduidelik begrip oor hierdie onderwerp. Johannes skryf in 1 Johannes 1:7 dat die bloed van Jesus ons van elke sonde reinig. Dit beteken daar is nie ’n sonde bekend aan die mens waarvan Jesus ons nie kan bevry nie. Solank as wat ons sonde op sy naam noem, kan ons daarvan bevry word, maar as ons sonde enigiets anders noem, het ons geen kans om daarvan vry te kom nie. Net Jesus kan ons vrymaak.

As jy jou humeur ’n swakheid, ’n familie-eienskap of wat ook al noem, sal jy dit altyd by jou hê, maar as jy dit ’n sonde noem, kan jy daarvan vrykom. Dis die boodskap van die

evangelie: Jesus verlos ons van elke sonde. Om dit te erken en te bely is die pad van verlossing. Dis iets wat Jesus se dissipels daagliks ervaar, asook die gedurige ontdekking van sonde en vlees in ons lewe. Hoe meer ons Jesus leer ken, hoe meer kom ons agter wat alles in ons lewe skuil wat nie met Christus se karakter ooreenstem nie.

Kan ons op ’n stadium in hierdie lewe kom waar ons van alle sonde gestroop is? Nee. Dis konfrontasie met sonde tot op die dag wat ons Here Jesus Christus terugkom. Reiniging en heiligmaking is ’n ewig durende proses waarin ons Jesus beleef.

Bron:
Op vlerke van geloof deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

anton ·

Ek wil graag net noem dat daar tog sonde is wat die mens nie vergewe sal word nie nl. Laster teen die Heilige gees en die ydele gebruik van God se naam. Dit staan tog so geskrywe.

Helien ·

Anton God se as jy sy naam ydele gebruik sal jy nie on gestraf bly nie. God se liefde is baie groot en Hy vergewe ons altyd.

Michelle ·

Dankie Jesus dat ek weet jy het my van my sondes verlos. Baie dankie vir nog n kans. Amen

Jakes ·

Ag nee wat. Sonde is n mens gemaakte idee.

Om aan te beweeg in die lewe moet jy jouself vergewe vir die voute wat jy maak. Mens het nie n god nodig daarvoor nie.

anton ·

Helien, ek verstaan nie mooi wat jy probeer sê nie want dit wat jy sê is tog wat ek reeds gesê het. As jy God se naam ydel gebruik, sal dit nie vergewe word nie en sal jy wel gestraf word daarvoor.
En onthou net dat vergifnis nie sommer net outomaties ook gebeur m.b.t ander sondes nie.
Groetnis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.