Gedagte vir die dag: Van hoorsê tot ervaring

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

U vra: “Wie waag dit om in sy onkunde my wysheid te bevraagteken?” Dit was ek. Ek het gepraat oor dinge sonder begrip, dinge wat te wonderlik is vir my. (Job 42:3)

Arme Job. As daar nou een persoon is wat oorgenoeg rede gehad het om te kla, om selfs God se genade in twyfel te trek, was dit hy. Ja, Job kla wel, hy raak moedeloos, selfs opstandig, maar hy praat deurentyd met God. Terwyl sy vriende hard probeer om hom van sonde te oortuig, probeer hy vir God van sy onskuld oortuig.

Dit lyk egter asof God niks te sê het nie. Tot op ’n punt. Dan lei God vir Job uit na die natuur en maak hom bewus van die wonder van die skepping. Skielik word Job oorweldig deur God se grootheid en heerlikheid. Hy doen ’n belydenis: “Ek het sonder insig oor God gepraat. My swaarkry het my visie vertroebel. Ek het die ware, grote, ondeurgrondelike God misgekyk.” Maar nou het hy ’n nuwe visie van God ge kry. En met sy hand op sy mond het hy voor God gebuig.

Die wins van verlies? Om opnuut vir God in sy grootheid en heerlikheid te ontdek sonder om antwoorde op kwelvrae te soek, maar vrede te vind in God se teenwoordigheid.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Here help my so job om rustig te raak en my vertroue in U te plaas en OP te hou om bang te wees vir die mens en te besef my lewe is in U hande en nie die van die mense ASB

Christine ·

Amen Elize, ek bid dat Jesus jou sal gee die begeertes van jou hart.

Louise ·

baie dankie. Ds. Johan, mag God my ook aanraak soos vir Job — depressie steel lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.