Gedagte vir die dag: Van rousmart na feesvreugde

Arms_uitgestrek_bid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

U het my droefheid verander in ’n dans van vreugde. U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee. Daarom sal ek sing tot u eer en nie swyg nie. Here my God, ek sal U dank vir altyd. (Psalm 30:12, 13)

Dis moeilik om rou en vreugde in dieselfde asem te noem. Almal wat al ’n rouproses deurworstel het, weet hoe moeilik dit is om selfs maar net ’n glimlag te forseer. Jou hart is stukkend, hoe is dit dan moontlik om van vreugde te dans? Miskien moet ons die “gisteraand” en “vanmôre” van vers 6 (Bybel in Afrikaans 1983/1992) nie letterlik neem nie. Onthou dat ons en God verskillend dink oor tyd. Moet dus nie dink die Here verwag van jou om sommer oornag van jou verlies te vergeet nie.

Dit gaan hier oor iets veel dieper as oppervlakkige vreugde. Dit gaan oor die vreugde oor God se teenwoordigheid in jou lewe te midde van jou hartseer. Om te weet God kyk met liefde en deernis na my. Om met die een hand die trane af te vee, en met die ander hand in God se hand te loop.

Dan kan ’n mens sing tot eer van die Here. Die wins van verlies is dat ek my in God kan verbly.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Iena jonk ·

Dit is net ons God wat ons deur hartseer kan dra, geen mens kan dit doen nie. Niemand soos niemand sal vir my vertel daar is nie n God nie.

Vicky ·

So waar. Ek sit self vanoggend met ñ stukkend hart want ek het geglo. Net die Here kan dit weer heel maak. ?

Pjk ·

Hiervan kan ek getuig…..nou 18mde en het op God vertrou en is daardeur. Soos met Job het dit gevoel of ek by die ashoop gedraai het en nou eers op herstel pad. Dis wonderlik. Prys ons Here God Amen

Charl ·

Ek ken die ashoop gevoel, ek het net ‘n paar minute voor ek hierdie boodskap gelees het gedink aan Job. Gedink ek skeer sommer al my hare af, trek swart aan en gooi as op my. Depressie kom steel my joy! Ek ken depressie goed ek stap die pad al 10 jaar en vir die laaste jaar vertrou ek nogsteeds op God dat Hy my ten volle sal genees. Vir omtrent so 5 maande steel hy erg my joy die ou vrot kol depressie brommer. Maar ek het vanaand paar verse gekry waarop ek gaan staan en so maar die as van my kop afskud en weer vorentoe stap. Die ergste is die seer wat jy vir niemand kan beskryf wat jy voel nie, selfmoord gedagtes waarteen jy jouself, jou hart, liggaam gees en siel moet van beskerm. God is kragtig ek weet ek sal weer bo uitkom en moet net kop optel en woord op woord spreek. Blessings vir almal

MM julle dagstukkies is pragtig! Dit help regtig baie. Ek wens ons hele land wil dit lees en dit inneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.