Gedagte vir die dag: Van self-diens na God-diens

jerusalem_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Waarom wil julle my hart sag maak met julle huilery? Julle weet mos ek is bereid om ter wille van die Naam van die Here Jesus nie net in Jerusalem gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterf. (Handelinge 21:13)

“Resilience” is een van daai Engelse woorde wat nie lekker in Afrikaans vertaal kan word nie. Hierdie term het te make met enige persoon of stelsel se vermoë om onder moeilike omstandighede terug te keer tot hulle oorspronklike vorm. Vasbyters en uithouers, dus.

Die Bybel ken baie sulke mense. Elke geloofsheld van God deur die loop van die Ou Testament en Nuwe Testament het die moed gehad om stroomop te leef. Nêrens het persoonlike veiligheid of welvaart vir ’n Moses gemotiveer toe God hom geroep het om Israel te lei nie. Op sy beurt moes ’n Paulus lewensgevare trotseer ter wille van die evangelie van Christus. Hoe kom het hulle dit gedoen? Wel, die Here se teenwoordigheid in hulle lewe het alle ander dinge getroef. Sy eer, sy nabyheid en sy goedkeuring is al wat saak gemaak het. Dit is vandag nog waar van die Here se eietydse helde. Elke slag as mense regtig in God vasloop, verander die tekstuur van hulle lewe. Dan skuif hulle prioriteite vanaf eie belange na God s’n. En vanaf self-diens na God-diens.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.