Niemand kan twee eienaars dien nie. (Lukas 16:13)
Daar is keuses in hierdie lewe; daarom kan ons kies hoe ons dag sal begin, en deur die keuses wat ons maak, bepaal ons ook hoe dit sal eindig. Ons kan begin deur oor alles rondom ons te kla – wat ander gedoen het en steeds doen om ons planne te kortwiek – of ons kan besluit om te geniet wat ons vandag het en wat God vir ons wil gee wat soos geen ander dag sal wees nie. Ons kies óf om in Christus te bly deur Hom met ons lewe te vertrou óf om dinge op ons eie manier te doen en daardeur te sê dat ons meer as ons Here weet.
Wanneer ons terugdink aan die gemors wat ons in die verlede gemaak het toe ons laasgenoemde gekies het, sal dit ons almal baat om terug te draai na die Almagtige se arms en sy wil ons wil te maak.
Help ons, Vader, om te besluit om vandag U te kies. Amen
wonderlike mooi dag is dit in Pretoria!
dankie Here gee dat elkeen sal dankbaar wees eerder as om te kla