Gedagte vir die dag: Vaste grond vir ’n slag

Foto: pixabay.com

Ek vertrou geheel en al op U, o God. Ek wil sing, ja, U heelhartig eer (Psalm 108:2)

Om lig te reis, moet ons gemaklik raak met verandering. Die lewe is nooit staties nie en dit behoort ook nie te wees nie. Die hele punt van ons bestaan is om te verander – om al hoe meer soos Jesus te word. Daarom is verandering nie iets wat ons behoort te vrees nie.

Ons leef immers vir die onveranderlike God wat ons verander. Ons moet aanvaar en aanneem dat God ons sál roep om die paaie op ons kaart te verlaat. Ons sal mislukking leer ken en ons sal swakheid en verrassingsaanvalle beleef. God sal ons denke, ons gesindhede en ons optrede uitdaag. Ons sal die skokke van die revolusie voel en Hy sal aan ons die wysheid gee om dit te meet en die bron daarvan te ondersoek. Dit is oukei – en eintlik word dit van ons verwag – om nuuskierig te wees en ontvanklik vir hoe die lewe rondom ons ontwikkel. Ons kan transformasie aanvaar en verwelkom.

Solank ons voete stewig op die aarde bly.

Kom ons bestudeer die Bybel sodat ons die waarheid sal ken. Die waarheid sal ons vrymaak. Kom ons raak stil sodat ons die onveranderlike stem van ons hemelse Vader sal hoor, selfs al verander alles rondom ons.

Here, bind my vas aan u waarheid sodat ek vry kan wees om te reis. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.