Gedagte vir die dag: Vat dit soos ’n digter

Vrou_strand_stiltetyd_lees-Bybel_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ondersoek julleself of julle in ’n egte geloofsverhouding met Christus staan. Toets julleself. As julle nie daarvan oortuig is dat Christus in julle woon nie, het julle die toets nie geslaag nie. (2 Korintiërs 13:5)

Die gevierde Romantiese digter Wordsworth het gesê poësie is die spontane uitvloeisel van kragtige emosies wat in rustigheid herroep word. Hy sou gaan stap en dan: “O, sjoe, kyk net al hierdie affodille! Ek voel nou skoon emosioneel!” Dan sou hy huis toe gaan, kalm word en daaroor skryf terwyl hy rustig tee drink.

Kritiek kan ons aanspoor tot waardevolle selfondersoek. Dis ’n baie goeie ding, want ’n gereelde sielsondersoek is meer as net goeie raad. Dis ’n opdrag vir volgelinge van Jesus. Wanneer jy dus weer die spit afbyt van die een of ander soort veroordeling, gaan huis toe of vind ’n stil plek, weg van die bron van afkeur. Word kalm. Herroep die emosie wanneer jy rustig is. Bid. Evalueer die oorsprong van die kritiek. Vra jou die moeilike vrae af. Antwoord eerlik. En maak ’n koppie tee.

Kan jy uitstel om daardie e-pos te beantwoord, daardie familielid te skakel of daardie kollega te konfronteer – totdat jy jou emosie rustig kon herroep en met kalmte en helderheid na al die feite kon kyk?

God die Vader, ek kan nie reguit dink of deur die mis van die pyn en woede sien nie. Maak my stil. Help my om kalm te word. Help my om die poësie te sien wat U selfs hierin skryf. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Manie Jackson ·

‘n Gedig word nie geskryf nie. ‘n gedig word gebore, en die digter is die uitgesoekte meduim wat die gedig op papier vaspen. dis n krag hoër as ons menslike verstand, dis n ander vlak van intelegensie. net soos die Heilige gees op n psalmskrywer kom rus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.