Gedagte vir die dag: Vat dit soos ’n herder

gesprekke-met-God

Foto: Argief

Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n kromswaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here, die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy staan en beledig. (1 Samuel 17:45)

Dawid was die skaapwagter-bababoetie van ouer broers wat hom nie ernstig opgeneem het nie. Hulle het hom nie erken as die begaafde kryger-digter wat hy was nie, en hom skaars raakgesien. Wanneer hulle hom wel raakgesien het, het hulle krities teenoor hom gestaan omdat hulle waarskynlik jaloers was op hul gesalfde broer. Toe Dawid vir hulle voorrade na die gevegsfront neem, het hulle dinge gesê soos: “Hoekom het jy hierheen gekom?” (1 Sam. 17:28).

Dit was juis toe Dawid vir hulle kos bring dat hy gehoor het van die arrogante Filistyn Goliat. Die reus se veragtende beledigings het Dawid woedend gemaak. Hy het nie toegelaat dat sy broers se verwerping die passie blus van die doel wat hy voor oë gehad het nie: om die vyand te verslaan tot God se verheerliking. Hy het besluit om dapper en weerloos te wees omdat die beloning groot was. Hy het die reus aangevat met dien verstande dat, hoewel daar ’n tyd is om ’n lam te wees, dit tóé die tyd was om ’n leeu te wees.

Roep God jou om dapper te wees te midde van kritiek? Teen wie is dit dalk nodig om op te staan – en hoe? Kan jy dit doen sonder om jou integriteit op enige manier te kompromitteer?

Here van die hemelse leërskare, maak my dapper sodat ek kan veg vir wat reg is – tot u eer. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dries ·

Dit kan partykeer baie moeilik wees om so te wees, dit gaan nie altyd maklik wees nie, maar Jesuss het vasgebyt om ons lewens te red onder die ergste omstandighede denkbaar, daarom is dit nie minder as reg dat ons ook bereid sal wees om vir Hom onself op te offer nie.

Riette ·

Dink net hoe klein was die reus Goliat teen God. Nog kleiner en onbenulliger is ons vyande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.