Gedagte vir die dag: Veg op jou knieë

man-kniel-gebed.jpg

Foto: imgarcade.com

Doen alles – of dit nou met woorde of dade is – in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring. (Kolossense 3:17)

Ons moet groot dinge vir God probeer doen en groot dinge van God verwag. Onthou, daar is ’n verskil tussen geloof en veronderstelling. Veronderstelling is ’n goeie idee. Geloof is om van God te hoor.

Niks kan die teenwoordigheid van God vervang nie. Elke magtige man van God wat ek ooit geken het, was ’n gebedskryger. Hulle is mense wat tyd maak om op God te wag en om op Jesus Christus te fokus. Wanneer jy op God konsentreer, word jou geloofsvlak verhoog.

En wanneer dit gebeur, kan God iets doen. Soos John Wesley sê: “Gebed is waar die aksie is.” Ons veg die stryd op ons knieë.

Johannes 14:14 sê: “As julle My enigiets in my Naam vra, sal Ek dit beslis doen.” En vers 15 sê: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte gehoorsaam.” Ons sal net reg vra as ons volgens sy wil vra, nie ons eie nie. Ons moet daarop fokus om Jesus se werk hier op aarde te doen en om sy wil te soek.

Getroue Vader, ek wil deel wees van iets groter as myself. Ek wil u werk hier op aarde doen. Vergewe my vir my keuses om ander minder belangrike dinge te doen in plaas daarvan om tyd saam met U deur te bring. Wys my hoe om die regte balans te handhaaf. Ek wil graag my hele lewe wy aan die koninkrykslewe. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

neelsie ·

Kan Jesus ons vertrou om sy werk te doen?
Gaan spyker eers die ‘eie ek’ aan Golgota se kruis.

Roela ·

Jesus wys my asb hoe ek dit kan doen in hierdie wereld, en ek prys U dat U so n belangrike taak aan my kan toevertrou, en alles net deur genade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.