Gedagte vir die dag:  Veld van beloftes 

koringveld_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Mag ek lande toe gaan om are op te tel by iemand wat my toelaat om dit te doen? (Rut 2:2)

Gekwelde Christen, kom wandel vandag in die veld van beloftes. Hier is ’n oorvloedige voorraad wat in jou behoeftes sal voorsien. Soos dié een: ’n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, ’n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie (Jes. 42:3).

Pas dit nie by jou situasie in nie? ’n Riet: hulpeloos, onbelangrik en swak. Hy sal jou nie breek nie. Inteendeel, Hy sal jou versterk en herstel.

Wil jy nog ’n bietjie “oorskietgraan” optel in die landery van die Skrif? “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee” (Matt. 11:28). Daar is baie meer om op te tel. Ons Meester se lande is baie vol. Kyk na al die beloftes. Raap dit bymekaar, trap dit uit deur meditasie en put met vreugde daaruit.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.