Gedagte vir die dag: Ver van God

arms_uitgestrek_man_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. (Romeine 3:23-24)

Dit sal met jou gebeur, soos met omtrent almal: Jy sal skielik besef jy is verder van God af as wat jy moet wees. Dit bekommer ’n mens, en maak jou dalk selfs bang. Moenie daardie waarskuwingstemmetjie ignoreer nie. Vind uit wat gebeur het: Was dit bloot omdat jy nagelaat het om tyd te maak vir God, of is dit as gevolg van ’n sondige gewoonte waarvan jy nie wil afsien nie? Eers as jy kan erken wat jy gedoen het, kan jy dit voor God bely, en eers as jy dit voor Hom bely het, kan jy vergewe word en kan jou verhouding met Hom herstel word.

Gaan jy vandag nader aan God beweeg, of verder van Hom af weg?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus U die sondelose het in my plek gesterf….ek niks doen om dit ooit te verdien nie….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.