Ek lei blindes op ’n nuwe pad, op paaie wat vir hulle onbekend is. Ek maak die donkerte voor hulle helder lig, en die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Ek gaan dit alles doen, en hulle nie alleen los nie! (Jesaja 42:16)
Ons oudste seun is gesiggestrem; daarom kan ek my heeltemal met hierdie vers oor die blindes vereenselwig. Ek verstaan die vrees van hoe dit – prakties en fisies – moet voel om op ’n ongelyk pad te stap waarop jy nog nooit geloop het nie. Dan kan ek my voorstel hoe dit moet voel as daardie vrees verdwyn omdat iemand jou hand neem. Die ewigdurende duisternis verander wonderbaarlik in lig. Jy struikel nie oor jou eie vernedering voor mense nie. Jy stamp nie eers jou toon nie, want die ongelyk plekke is reguit gemaak.
As jy vandag iets dra wat ongemaklik, verwarrend, swaar of hartverskeurend is, en jy stap in die donker uit op ’n smal bergpaadjie, weet net dat selfs terwyl die skerp klippe jou voete sny, die son wel sal opkom en die pad vorentoe vir jou duidelik sal word. Dis God se belofte aan jou.
Herinner jouself vandag – dalk deur jou hardloopskoene by die voordeur neer te sit? – dat God jou lei na die volgende gelyk tree, selfs al kan jy dit nie sien nie.
God van lig en leiding, dankie dat U my nie alleen laat op ’n donker, verraderlike pad nie. Amen
Baie dankie…..die boodskap is so op die regte tyd…balsem vir my siel