Gedagte vir die dag: Verbly julle in die hoop

reënboog.jpg

Foto: credomag.com

Verbly julle in die hoop. Rom 12:12

Jesus sê vir sy dissipels: “In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (Joh. 16:33). Christene kan dit dus regkry om in die wêreld met hoop te lewe, al gaan dit sleg met hulle.

Wanneer Paulus hier oor “hoop” praat, praat hy van ’n vaste sekerheid wat elke Christen reeds besit. Hierdie hoop gaan nie met onsekerheid gepaard soos wat ons dit soms gebruik as ons sê “ek hoop my kind gaan matriek slaag” of “ek hoop dit gaan binnekort reën” nie. Die Christelike hoop is altyd vasgeknoop aan God se beloftes wat Hy vir ons in sy Woord gee. En op hierdie beloftes kan ons reken omdat hulle vas en seker is.

Om hierdie rede kan God se kinders hulle in die hoop verbly. Hulle weet dat dié dinge waarop hulle hoop wel waar sal word.

Die Christen hoop met sy oog op Jesus Christus en die drang om al hoe meer soos Hy te lewe. Sy hoop het nóg meer om die lyf: hy hoop met sy oë op die wolke, die wederkomswolke. Die Christen is bly omdat sy hoop nie by ’n graf doodloop nie, maar die sekerheid van die ewige lewe het,” skryf Johan Smit. (Aangehaal uit Meer as ’n Ja-woord.)

Kry jy dit al reg om altyddeur bly te wees omdat hierdie hoop in jou hart lewe?

Here Jesus, dankie dat ek elke dag met hoop in my hart mag lewe, omdat ek weet dat U elkeen van u beloftes aan my waar sal maak. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gunter ·

Kan julle asb julle webblaaie meer druk-vriendelik maak… soos wat dit was voor die veranderinge.

Deon ·

Hoekom het julle dit vir `n mens moeiliker gemaak om by die Gedagte vir die Dag uit te kom? Ek wil vreeslik graag teruggaan na vorige Gedagtes vir die Dag en nou is dit `n hengse storie!!! Dit was makliker toe jy Gedagte van die Dag onder Boeretroos kon vind en met die kliek van die muis die vorige gedagtes kon oopmaak. Maak dit asseblief weer soos ditvoorheen was! Groot asseblief!

Thys Human ·

Dankie Sune, ek het dit gekry maar eers na ‘n gesoek. Jy sien, met die veranderings in uitleg word die onderwerpkeuses nie meer voorop uitgegooi soos vroeer nie. Daar staan nou net iets soos kieslys en toe vind ek nou eers uit wat aangaan.

Sou dit nie gehelp het om vir ons dommes te beduie hoe die nuwe uitleg werk nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Thys

Ons beplan om in Januarie deeglik seker te maak dat al ons lesers vertroud is met die nuwe webwerf en watter inligting hulle waar kan opspoor. Sodra mens eers die uitleg verstaan, dan gaan jy enigiets sommer baie vinnig en maklik kan opspoor. Laat weet gerus indien daar intussen nog berigte of kategorieë is waarna jy op soek is, maar nie kan opspoor nie.

Groetnis
Suné

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.