Gedagte vir die dag: Verdryf jou eensaamheid so

man_strand_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Daarna sê die Here God: “Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n metgesel maak, een soos hy.” (Genesis 2:18)

Alleenheid is ’n verskriklike kruis om te dra. Nou die dag sê iemand wat sy vrou aan die dood verloor het vir my dat die eensaamheid hom vernietig. Dit voel vir hom party dae soos ’n swaard wat regdeur sy siel steek. Toe onthou ek God se woorde in Genesis 2 dat dit nie goed is dat die mens alleen is nie. Ons is gemaak vir verhoudings. Ons almal benodig vriende, familie en selfs huweliksmaats. Of ons ongetroud is of nie, ons het ander mense nodig. Ons almal is deur die Here ontwerp vir verhoudings. Niemand van ons is ’n eiland nie. Die belangrikste verhouding van almal is dié met God. Daar’s ’n holte in ons hart wat slegs Hy deur sy Gees kan vul. Ons is sielsalleen totdat die Here ons vind en saam met ons begin loop. In Hom kry ons egte en regte rus.

Eensaamheid is soos om op ’n eiland gestrand te wees. Jy kan in ’n vertrek propvol mense wees, of in ’n besige winkelsentrum rondloop en steeds heeltemal alleen voel. Dit maak jou morbied en bedruk. Daarom moet eensaamheid aangespreek word voordat dit al die lig uit jou lewe verdryf. Hoe? Wel, die geneesmiddel hiervoor begin met die wete jy is nie alleen nie. Die Here is nie weg nie. Jesus se heel laaste woorde op aarde is dat Hy by ons is al die dae, tot aan die einde! Hy is Immanuel, God met ons. Hy loop saam. Die vraag is net of ons dit glo, en of jou geloofsoog oop genoeg is om die Here raak te sien. So nie, gaan jy alleen wees, al is jy nie. Jy gaan terneergedruk raak, al het jy nie rede hiertoe nie.

Bron:
Blydskap wat bly deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lena Jonk ·

Baie dankie Stefan vir hierdie bemoedingende woorde, vandag was dit spesiaal vir my gestuur. Mag jy ook nog baie Seen ontvang om nog baie boodskappe te stuur al bly ons ver oor die aarde, lees gereeld die dagstukkies.

Dries ·

Niemand kan eensaamheid so wegvat as Jesus nie, met Hom wat jou grootste Vriend raak is mens nie meer werklik eensaam nie, mens het wel ‘n behoefte aan vriende, ens. , maar Jesus neem eensaamheid weg soos niemand dit kan doen nie. Dankie Stefan, jou dagstukkies wat ek elke dag lees beteken baie vir my.

JAN ·

Ja eensaamheid is erger as die dood.
Maar mense kan eensaam wees in die huwelik en in ‘n gesin en tussen mense.
Dis wanneer jy God se teenwoordigheid beleef.
Soos die vriend van my wat gewag het vir sy beenmurg oorplanting vir sy leukemie behandeling. . Alleen in sy isolasie gewaar hy iemand by hom in die kamer. Dit was sy oorlede pa met wie hy nie ‘n goeie verhouding gehad het nie………. ai trane en troos.. wanneer God sy engele stuur.

Een saam ·

Ek wil nou nie ‘stir’ nie, maar hierdie versie steek soos ‘n dolk in my hart. Ek is 45 en nog altyd single. Elke dier on die ark het ‘n maat gehad, elke spesie ‘n manlik en ‘n vroulik. Elke voëltjie het ‘n maat. Elke vriend en familielid en kollega het ‘n maat, of het al lank genoeg ‘n maat gehad om die mooi daarvan te kom waardeer. Almal het al iemand gehad. Dis net ek ek wat altyd alleen opdaag, vandat ek kan onthou. Die stoel oorkant my bly oop. Ek moet self my swaar tasse teen die trap opdra, geen maat wat my help nie, ek moet self die niwe waaier uot die boks haal en aanmekaarsit.
Maak nie saak hoe nóu ek saam met Jesus stap nie, hy bring nie vir my koffie in die bed of help my nie met gate boor nie en hy steek nie vir my ‘n kers aan as ek alleen in ‘n restaurant sit nie. Hy los nie vir my ‘n spesiale geskenkie onder die kersboom soos my pa vir my ma doen en my broer vir sy vrou en my vriendinne se mans vir hulle nie. Ek sit net daar ek kyk – ‘n toeskouer. En wanneer my broerskind trou gaan ek weer moet hoor, dat God Homself, my Skepper en Saligmaker, vind dis nie goed dat die mens alleen is nie. Vergeef my as ek ná soveel jare van alleenwees begin dink God nie aan my gedink nie.

Ek hoor jou, want ek verstaan... ·

Ek hoor jou, ek verstaan, ek is ook met jou daar.
Ps 68 sê “He puts the lonely ones into families…”
Jesaja sê: “Not one kite will be without its mate…”
Hy begin die Bybel met ‘n Huwelik, Hy eindig die Bybel met ‘n Huwelik en Sy eerste wonderwerk was by ‘n Huwelik.
Waar is my Huwelik.
42 en nog nooit getroud en wil graag kinders hê

Maria ·

Dagstukke en kommetaar steek vanoggend my hart. Vermy gaan weer familie en vriende ens kan jou in die steek laat maar Here sal nooit nie. Ek verstaan beter hoe Jesus alleen moet gekruistig word soos honger,sonder warm goed, verneder,leiding,martel,dors,spotery en EENSAAM.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.