Gedagte vir die dag: Verdwaal in die lewe se supermark

Vrou_water_see_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind (Jeremia 29:13)

My ma het altyd vir my en my susters gesê dat as ons in die winkelsentrum of supermark wegraak, ons moet bly staan net daar waar ons is sodat sy ons daar kan kom kry. “Moenie na my probeer soek nie,” het sy gesê. “Bly waar julle is en ek sal na julle kom soek. As julle vir my soek en ek soek vir julle, sal ons net in sirkels loop.”

Dit is goeie raad. Wanneer jy verdwaal het, bly waar jy is. God sê as ons Hom soek, sal ons Hom vind. Wanneer jy verdwaal het, soek dan na God. Maar weet ook dat om God te soek nie noodwendig ’n wanhopige poging is om agter te kom presies waar jy is en so ’n lawaai op te skop dat jy God nie sal hoor nie, al staan Hy reg voor jou en roep jou naam. Om God te soek beteken soms om te bly staan net daar waar jy is. En in plaas daarvan om angstig en bang te vra: “Waar is ek?” raak net stil en kalm en sê: “Hier is ek. Vind my, asseblief.” Jou Vader is goed en liefdevol. Hy sal hierdie gebed hoor. Hy sal na jou toe aangehardloop kom. En jy sal weet dit is Hy.

Here, ek is onseker en bang. Ek wil nie groot besluite neem of iets alleen probeer doen nie. Ek kan nie op my paniekerige oordeel vertrou nie. Ek gaan – rustig en kalm – net hier bly staan en wag dat U my vind. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.