Gedagte vir die dag: Vergeef ons ons oortredinge

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Toe dit met hom so sleg gaan, het hy die Here sy God om genade gesmeek, groot berou getoon voor die God van sy voorvaders, en gebid. Die Here was hom genadig en het sy smeekbede verhoor en hom laat terugkom na Jerusalem, na sy koningskap toe. Toe het Manasse geweet dat die Here God is. (2 Kronieke 33:12–13)

As jy Mannase se sondige lewe bekyk, kan jy amper nie glo dat die Here hom vergewe het nie. Hy het die tempel onteer met afgodsbeelde, die volk in die verderf gelei met afgodsdiens, sy eie kinders as afgodsoffers ver­brand, waarsêery, goëlery en toordery beoefen en geeste opgeroep.

Die Here het hom gestraf toe hy onnodig in ’n oorlog tussen die Babi­loniërs en die Assiriërs betrokke geraak het. Manassse is gevange geneem, hake is deur sy neus gesteek en hy is met bronskettings geboei. In hierdie el­lende het hy tot inkeer gekom, berou gekry en sy sondes voor God bely. Ná alles wat hy gedoen het, het God hom vergewe en hom as koning herstel. Daarna het hy die afgodsdiens in die land afgeskaf en die volk opdrag gegee om die Here te dien.

God is genadig, Hy sal jou nie wegstuur as jy opreg berou betoon nie. Raak ontslae van alles wat jou in versoeking kan bring. Gaan en gooi jou speelgoed weg, soos Manasse sy afgode weggegooi het. Al is jou sonde hoe groot, jy kan ’n nuwe begin maak in Jesus. Deur sy Gees is jy nuutgebore. Jou lewe het sin, jy het die ou mens agtergelaat en kyk nou met hemelse ver­wagting na die toekoms.

Here, hoeveel van ons moet in ’n sloot beland voor ons weer opkyk en die sterre sien? Ek bid vir almal wat desperaat na ’n uitweg soek, dat hulle u roepstem uit die hemel sal hoor. Vergewe ook my sondes. Ons sondig almal en daar is net een wat sonder sonde is, Jesus ons Verlosser.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

louisa ·

Baie dankie vir die stiltetyd. My seun is 25 April 2016 oorlede. Ek wens dat ek eerder in sy plek gesterf het. Hy was maar 43jaar oud. Hoe kan n moeder haar kind ooit vergeet. Dit is vir my so bitter swaar om hom te laat gaan.

Han ·

Louisa, ‘n moeder kan nooit vergeet nie. Mag God jou versterk, vertroos en dra deur hierdie baie hartseer tyd. Ek het ‘n dogter wie se uurglas besig is om uit te loop; medici kan niks vir haar doen nie, net God kan haar genees, maar Hy mag dalk anders besluit. Dit is bitter swaar.

Desi Jordaan ·

*Dierbare Han graag wil ek n bebed doen vir jou dogter…… Almagtige Hemelse Vader gaan asb met Han se dogter,laat U Wil geskied in haar lewe,waar daar nog lewe is,is daar hoop en U beskik in wonderwerke sou dit U Keuse vir haar lewe is,als is by U moontlik,gaan met die ouers in die moeilike tyd dra hul enm verstek hul,in U Naam Alleen Amen. Ek dink aan jou Han,sterkte xXx

alrea ·

Louisa, my oudste kind, n dogter, is op 30 Mei 2015 oorlede. In groot pyn en total alleen. Moeilik soos dit was, het ek elke dag gese ek vra nie vrae nie, ek sal net aanvaar. God gee mens krag om deur dit te werk.

Desi Jordaan ·

Alrea baie sterkte vir jou ook as moeder,jy is reg sonder God sou n mens dit nie alleen kon maak nie,Hy gee ons elke dag krag om dit te verwerk,Verlange sal daar altyd wees,Sterkte ook aan jou vorentoe xXx

Desi Jordaan ·

* Liewe Louisa ek bid jou sterkte toe met jou seun ek self het myne op 25j so 8j terug verloor dit is baie eina om jou kind te laat gaan,glo my bly net digby Jesus Hy sal hand aan hand met jou deur die rouproses stap en jou nooit verlaat nie,namate jou tyd reg is en jy voel jy kan jou seun nou terug gee vir Jesus,,sal jy verlig begin voel,want dan besif jy jou seun is nou veilig by Sy Vader en sal nooit meer pyn of eina kry nie en is gelukkig, Hartseer en Verlange sal daar nog altyd wees,glo nie n ma sal ooit die verlange kan wegkry nie,gelukkig bly ons kinders diep binne on harte en ons vertroetel hul mooi memories . Ek hoop my woorde kan iets vir jou beteken as mamma,mag Vader jou dra en self elke traan afdroog,en jou mnwe krag gee vorentoe,want Hy het ons beloof Hy sal saam die wees wat ween,en op Hom vertrou Onthou God het jou onsalik baie lief!xXx

Attie ·

Hou vas in gebed aan Jesus wat ons Geneesheer en Trooster is – ons kinders bly ons kosbaarste besittings en al geskenk wat ons hulle kan gee sonder dat hulle eers dit weet, is ons gebede. Ons kan onsself ook net in die Woord van die Here Jesus versterk en troos. SHALOM

Celia Tjaden ·

Maroela! Wys vir ons die kantoorhond! Dis fantasties! Dit maak my nog liewer vir julle.
Baie dankie vir die gedagte vir die dag- veral die een oor Menasse! Ons besef nie altyd hoe genadig ons Vader is nie!
Mag die Here julle seen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.