Gedagte vir die dag: Vergeef ons ons oortredinge

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Toe dit met hom so sleg gaan, het hy die Here sy God om genade gesmeek, groot berou getoon voor die God van sy voorvaders, en gebid. Die Here was hom genadig en het sy smeekbede verhoor en hom laat terugkom na Jerusalem, na sy koningskap toe. Toe het Manasse geweet dat die Here God is. (2 Kronieke 33:12–13)

As jy Mannase se sondige lewe bekyk, kan jy amper nie glo dat die Here hom vergewe het nie. Hy het die tempel onteer met afgodsbeelde, die volk in die verderf gelei met afgodsdiens, sy eie kinders as afgodsoffers ver­brand, waarsêery, goëlery en toordery beoefen en geeste opgeroep.

Die Here het hom gestraf toe hy onnodig in ’n oorlog tussen die Babi­loniërs en die Assiriërs betrokke geraak het. Manassse is gevange geneem, hake is deur sy neus gesteek en hy is met bronskettings geboei. In hierdie el­lende het hy tot inkeer gekom, berou gekry en sy sondes voor God bely. Ná alles wat hy gedoen het, het God hom vergewe en hom as koning herstel. Daarna het hy die afgodsdiens in die land afgeskaf en die volk opdrag gegee om die Here te dien.

God is genadig, Hy sal jou nie wegstuur as jy opreg berou betoon nie. Raak ontslae van alles wat jou in versoeking kan bring. Gaan en gooi jou speelgoed weg, soos Manasse sy afgode weggegooi het. Al is jou sonde hoe groot, jy kan ’n nuwe begin maak in Jesus. Deur sy Gees is jy nuutgebore. Jou lewe het sin, jy het die ou mens agtergelaat en kyk nou met hemelse ver­wagting na die toekoms.

Here, hoeveel van ons moet in ’n sloot beland voor ons weer opkyk en die sterre sien? Ek bid vir almal wat desperaat na ’n uitweg soek, dat hulle u roepstem uit die hemel sal hoor. Vergewe ook my sondes. Ons sondig almal en daar is net een wat sonder sonde is, Jesus ons Verlosser.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
louisa

Baie dankie vir die stiltetyd. My seun is 25 April 2016 oorlede. Ek wens dat ek eerder in sy plek gesterf het. Hy was maar 43jaar oud. Hoe kan n moeder haar kind ooit vergeet. Dit is vir my so bitter swaar om hom te laat gaan.

Han

Louisa, ‘n moeder kan nooit vergeet nie. Mag God jou versterk, vertroos en dra deur hierdie baie hartseer tyd. Ek het ‘n dogter wie se uurglas besig is om uit te loop; medici kan niks vir haar doen nie, net God kan haar genees, maar Hy mag dalk anders besluit. Dit is bitter swaar.

alrea

Louisa, my oudste kind, n dogter, is op 30 Mei 2015 oorlede. In groot pyn en total alleen. Moeilik soos dit was, het ek elke dag gese ek vra nie vrae nie, ek sal net aanvaar. God gee mens krag om deur dit te werk.

Desi Jordaan

* Liewe Louisa ek bid jou sterkte toe met jou seun ek self het myne op 25j so 8j terug verloor dit is baie eina om jou kind te laat gaan,glo my bly net digby Jesus Hy sal hand aan hand met jou deur die rouproses stap en jou nooit verlaat nie,namate jou tyd reg is en jy voel jy kan jou seun nou terug gee vir Jesus,,sal jy verlig begin voel,want dan besif jy jou seun is nou veilig by Sy Vader en sal nooit meer pyn of eina kry nie en is gelukkig, Hartseer en Verlange sal daar… Lees meer »

Attie

Hou vas in gebed aan Jesus wat ons Geneesheer en Trooster is – ons kinders bly ons kosbaarste besittings en al geskenk wat ons hulle kan gee sonder dat hulle eers dit weet, is ons gebede. Ons kan onsself ook net in die Woord van die Here Jesus versterk en troos. SHALOM