Gedagte vir die dag: Vergifnis

Foto: pixabay.com

Jesus het gesê: “Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!” (Lukas 23:34)

Christus het die verhaal vertel van ’n amptenaar wat die koning miljoene rande geskuld het – ’n skuld wat die koning heeltemal afgeskryf het. Maar toe die amptenaar weier om die skuld af te skryf van ’n medeamptenaar wat hom baie minder geskuld het, sê die koning: “Jou ellendige vent! Moes jy jou nie ook oor jou medeamptenaar ontferm het soos ek my oor jou ontferm het nie?” Die man is in die tronk gegooi totdat hy al sy skuld kon terugbetaal. Jesus waarsku: “So sal my hemelse Vader ook met julle maak as julle weier om julle medegelowiges met julle hele hart te vergewe” (Matteus 18:32-33, 35).

God beskou ons weiering om te vergewe in ’n baie ernstige lig. Daar is geen sonde waarvoor Christus nie gesterf het nie, en daarom is daar geen sonde wat ons nie in sy krag kan vergewe nie.

Elke keer as ek iets snap van wat my wonderlike Here aan die kruis vir my gedoen het, is ek gereed om enigiemand enigiets te vergewe. Ek kan dit nie weerhou nie. – Martyn Lloyd-Jones

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat ek nie in eie krag leef nie….U wonderlike genade is vir my genoeg…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.