Gedagte vir die dag: Verheerlik God deur lyding

reenboog_perde_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ’n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves! Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. (1 Petrus 5:10-11)

Nou is die tyd om God te verheerlik deur lyding. Ons hou nie daarvan om oor lyding te praat nie; dis nie ’n gewilde onderwerp nie. Ons is teensinnig om  te  ly,  of  swaar  te  kry en  ons  sal alles  in ons  vermoë  doen om  dit te  vermy. Ons gaan hierdie maand die onderwerp van lyding vir Jesus ondersoek. Gaan jy tans deur ’n moeilike tyd? Ons moet reguit praat met mekaar; daar staan nêrens in die Bybel: “Kom na Jesus en al jou probleme is verby” nie. Ek het dit  al  baie  maal  vir  jou  gesê  en  ek  sê  dit  weer:  Die  teenoorgestelde  geld  in werklikheid.

Voordat ek Jesus Christus as my Here en Verlosser ontmoet het, was ek op die afdraandepad  –  en naby aan die laagste punt. Toe het ek uitgeroep na die Here, en Hy het my gered. Sedert daardie dag is Hy altyd by my. Hy haal my nie uit die vuur nie; nee, Hy loop saam met my deur die vuur. Ek leer deur my ervarings en word ’n meer volwasse Christen terwyl ek deur die vuur van loutering  stap.

Ek wil iets duidelik maak sodat jy nie die verkeerde indruk  kry nie. Ek sê nie dat die Here siekte en swaarkry oor jou bring omdat Hy jou iets wil leer nie. Ek glo nie dat die Here ’n dronk bestuurder sal gebruik om ’n klein kindjie dood  te  ry  terwyl  hy  agter  ’n  bal  oor  die  pad  hardloop  nie.  God  gaan  nie  so te werk nie. Wat ek wel sê, is dat ons in ’n gevalle wêreld leef en dit is nie ons tuiste nie. 1  Petrus 5:8 sê vir ons die duiwel loop rond soos ’n brullende leeu: “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.” Ons is swaarkry nie vrygeskeld omdat ons Christene is nie. Dinge soos resessie en siekte affekteer ons ook. Die verskil is dat die Here ons daardeur lei. Die Here maak die siekes gesond, laat besigheid  floreer  en  laat  gevangenes  vry.

My Vader, U is by my in die goeie tye, en ook die slegte tye. Dis hoekom ek elke dag kan opstaan en die lewe aanpak. Ek dank U vir u onwrikbare getrouheid ongeag  wat gebeur. Ek is so dankbaar vir u liefde en u genadevolle teenwoordigheid in my lewe.  Amen.

Bron: In stilwees en vertroue deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat U my eerste lief gehad het….U genade is vir my genoeg

Car ·

Indien n persoon vir Jesus werklik aan geneem het as persoonlike verlosser. Dan wag n nuwe lewe. Want slegs Jesus is die deur. Niemand kan na God gaan behalwe deur Jesus.
God aanvaar ons glad nie op grond van wie ons is, hoeveel geld ons gee, of volgens ons werke nie.
Maar slegs uit dit wat Jesus gedoen het Sy genade en Sy geregtigheid. Sodat niemand kan roem nie.
Paulus verklaar dat hy n sondaar gered is uit genade.
Ons sal nooit kwalifiseer om God ons Vader te kan noem behalwe om in geregtigheid van Jesus voor God te verskyn nie. Dan kan ons in vrymoedigheid God as ons Vader nader, God sien ons dan nie in ons gebrekige toestand nie. Nee! God sien dan vir ons in Jesus se gegtigheid en so dan eintlik vir Sy seun in wie God n welbehae het.
Jesus nooi ons om Sy juk op ons te neem want die juk is baie lig.
Maar juk is slegs lig indien ons Jesus toelaat om juk te dra.
Dawid verklaar met God spring hy bo oor n muur, gaan hy in n dal van doodskaduwee sal hy Dawid nie vrees nie.

Agter die skerms ·

Dankie my Vader dat ek in die oggend op kan staan, vir U ons Almagtige Heer kan dankie se vir nog ‘n dag. Dankie dat ek nog kos op my bord kan he. Dankie dat ek ander mense ook kan seen met kos my God. Dankie my Heer vir ‘n blyplek ook. Ek buig voor U neer en se net dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.