Gedagte vir die dag: Verhewe

Berg_wolke_landskap_ReintDykema.jp

Foto: Reint Dykema

Ag, oppermagtige Here, U het die hemel en die aarde deur u groot krag en mag gemaak. Niks is vir U te moeilik om te doen nie! (Jeremia 32:17)

Jy sal voortdurend voor skynbaar onoorkombare situasies te staan kom. Laat dit juis dié dinge wees wat jou na my teenwoordigheid dryf. Ek het beloftes aan jou gemaak, en jy kan daarop staatmaak. Jy sal radeloos voel en nie ’n uitweg uit jou situasie sien terwyl jy desperaat op soek is na een nie. Onthou egter dat Ek jou nog nooit in die steek gelaat het nie. Daar was tye in die verlede toe jy oortuig was dat jy nie kon aangaan nie, bang dat omstandighede die oorhand oor jou sou kry; tog staan jy nou in hierdie oomblik voor my troon. Ek sal jou nooit verlaat nie.

Ek kan enigiets in jou lewe doen. Verhef My bo jou omstandighede. EK IS altyd getrou om my beloftes na te kom. Staan daarom vas in jou geloof op elkeen van die beloftes wat Ek aan jou gemaak het. Jy sal jou in my Woord moet verdiep en na my sagte stem moet luister. In my Woord sal Ek jou lei na daardie beloftes wat jy vir elke detail van jou lewe moet toe-eien. Daar is niks in my Woord wat Ek nie aangeroer het nie; Ek het niks ongedaan gelaat nie. EK IS by jou om jou met ’n vaste hoop deur die lewe te lei. Ek vra van jou om My te vertrou, ongeag hoe moeilik of uitdagend jou lewensomstandighede is. Niks is vir My te moeilik nie. Laat Ek doen wat jy nie kan nie.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

neelsie ·

Lees en oordink Deuteronomium 28
Is die lewe wat ons lei volgens God se Woord?
Oor 10 dae is dit paasfees, verstaan en herdenk jy die belangrikste gebeurtenis in ons christelike kalender?
Kyk hoe lyk die vakansieoorde en uithangplekke oor die paastyd.
Baie is christene wat nou so ‘ ontspan’.
Jesus se lyding en kruisdood word nie met n vakansie herdenk nie!
Keer terug na GOD en Hy SAL sy beloftes teenoor Sy volk nakom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.