Gedagte vir die dag: Verhoudings heers

 mense_vrolik_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

God sê toe: “Laat Ons ’n mens maak wat met Ons ooreenstem.” (Genesis 1:26)

Dis ongelooflik en wonderlik om te weet dat die Drie-eenheid – die Vader, die Seun en die Heilige Gees – in ’n verhouding met mekaar was nog voor enigiets geskep is. Wat ’n verbysterende perspektief gee dit ons nie om te begryp dat die volmaakte eenheid van hul verhouding reeds vir ewig bestaan.

Die implikasie is dat ’n verhouding altyd belangriker is as al die ander tasbare elemente waaruit die werklikheid bestaan. ’n Verhouding is altyd belangriker as om dinge te doen, of dinge te hê. God het nie die wêreld nodig gehad nie en Hy hoef dit nie te geskep het nie. Ja, Hy het intimiteit met ons begeer, maar Hy was selfgenoegsaam en vervuld in die eensgesinde harmonie van sy drie-enige self.

Dis ’n besonderse herinnering aan hoe belangrik dit is om die geskenk van intieme verhoudings en toevallige interaksies te koester. Dis ’n besonderse herinnering aan hoe belangrik die vergifnis is wat die masjinerie van daardie verhoudings olie gee en van die wêreld ’n pragtige plek maak.

Hoe sou jou lewe lyk as al jou besittings sou wegsmelt, maar jou hartsverbindinge met ander mense sigbaar en tasbaar sou wees – stukkies gekleurde lint van verskillende lengtes en diktes wat jou hart met ander harte verbind?

Here, dankie dat U ons wys hoe belangrik verhoudings is. Help my om ’n uitmuntende rentmeester van al my verhoudings te wees, en om sake met mense reg te stel wanneer en waar dit nodig is. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize ·

Here Vader genees my PA ASB maak hom gesond ASB dankie vir so very en ek glo met my hele We serve a God of miracles I believe ek pleit die bloed van Jesus oor hom en die wapenrusting in Jesus naam amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.