Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle. Wees almal eensgesind, liefdevol, goedhartig, nederig. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na. (1 Petrus 3:7-9, 11)
Petrus se raad vir die mans is dat hulle verstandig met hulle vroue sal saamleef en eer aan hulle moet bewys.
Hierna praat hy met die Christene in die algemeen en vertel hulle hoe hulle hulle geloof in die praktyk kan uitleef. Hulle moet eensgesind wees, liefdevol teenoor mekaar, goedhartig en nie te veel van hulself dink of kwaad met kwaad vergeld nie. Hulle moet wegbly van die kwaad af, doen wat goed is, en vir mekaar tot seën wees.
Ons kan vandag steeds Petrus se wyse raad met vrug in ons eie lewens toepas. Behandel jou huweliksmaat met liefde en begrip, wees nederig, eensgesind en goedhartig teenoor ander; en stel jou ten doel om ander tot seën te wees. Indien jy daartoe bereid is, kan jy reken op God se seën in jou eie lewe.
Hemelse Vader, maak my eensgesind, liefdevol, goedhartig en nederig in my om gang met ander Christene sodat ek ’n ontvanger van u seën sal wees. Amen.
Dankie…Pragtig!