Gedagte vir die dag: Verklaar vandag tot ’n feesdag

stiltetyd-deur-ou-muur-pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die feesete saam geniet. (Openbaring 3:20)

Jy sweer nie vreugde af die dag as jy begin glo nie. Glad nie! God skenk aan jou die lewe om dit voluit te geniet. Jy doen dit met blydskap in sy teenwoordigheid. Jesus herinner jou in Openbaring 3:20 daaraan dat Hy aan jou lewensdeur klop. Hy nooi jou uit om dit oop te maak, want Hy wil saam met jou feesvier. Jesus daag op met feesklere. Prediker 9:8 skryf juis jy moet altyd wit klere dra en reukolie op jou kop uitgiet. Wit klere is feesklere. Reukolie is op jou gaste gesprinkel wanneer hulle vir ’n ete opgedaag het.

Die Prediker sê hier jy moet dit nou heel eerste vir jouself doen. Jy verklaar jou lewe tot ’n fees. Jy wag nie vir ander om ’n amptelike feesdag uit te roep nie. Of vir jou verjaarsdag nie. Jy kies in die Here se Naam om elke dag tot ’n feesdag te verklaar. Jy skep daagliks ’n feestelike atmosfeer deur jou vrolike klere en jou vars manier van leef saam met die Here en ander mense. In Jesus se teenwoordigheid omskep jy elke skewe snytjie brood in feeskos. Jy laat mense rondom jou deel in die fees.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kiewiet ·

Vandag is toevallig die fees dag van Divine Mercy : God se genade wat groter is as enige sondaar se las of skuld as ons dit net aanvaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.