Gedagte vir die dag: Verkondig die hemel

 landskap_water_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! (Matteus 3:2)

Die frase wat die meeste in Jesus se prediking voorkom, is “die koninkryk van God”. Jy onthou dalk nog hoe baie van sy gelykenisse begin met die woorde “die koninkryk van God is soos ... ”. Hy het gesê: “Ek moet die koninkryk van God in ander plekke ook verkondig,” en daardeur karakteriseer Hy die onderwerp van sy prediking; en op dieselfde manier het Hy sy apostels gestuur “om die koninkryk van God te verkondig”. Hy het nie die frase uitgedink nie. Dit is ’n historiese een wat uit die verlede oorgelewer is en dit was algemeen onder sy tydgenote. Die Baptiste maak heelwat gebruik daarvan en die kern van hulle boodskap is: “Die koninkryk van God is naby.” ~ James Stalker

Jesus, mag ons leer hoe om die koninkryk van God te verkondig deur te luister na wat U geleer het. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.