Gedagte vir die dag: Verlaag daardie spanning

heart-791870_1280.jpg

Foto: pixabay.com

Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (1 Johannes 3:18)

Dit wil voorkom of rasseverhoudings in die land versleg het. In ’n onlangse studie wat by Wits in sameweking met die Gautengse regering gedoen is, word aangetoon dat verhoudings oor kleurgrense heen oor die afgelope jare verhard het. As ek sulke statistieke lees, wonder ek hoe dit rym met die hoë vlakke van godsdienstigheid in die land.

Jesus se roepstem aan al sy volgelinge is immers om mekaar lief te hê. Sy liefde gebeur onvoorwaardelik en sonder om boek te hou van die kwaad of leed wat mense beleef het. Sulke liefde is uiteraard nie maklik nie. As dit maklik was, het almal in harmonie met mekaar geleef. Maar dit neem nie weg dat Jesus se volgelinge dag na dag moet kies vir die roete van praktiese omgee, verdraagsaamheid en deernis nie.

Navolging van Christus moet die aanvoelbare temperatuur van spanning in die land afbring, anders jok baie van ons oor ons geloof.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Priscilla ·

Kom ons saai liefde,want da staan geskrywe “Wat Jy saai Sal jy maai”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.