Gedagte vir die dag: Verlaat die bekende paaie vir ander mense

hardloop_sonsopkoms_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Maak julle hardloopbane reguit. Dan sal die lam ledemate nie ingee nie, maar eerder beter word. Doen julle bes om in vrede met almal te lewe en beywer julle om ’n toegewyde lewe te voer, want daarsonder sal julle nie eendag in die Here se teenwoordigheid kan kom nie (Hebreërs 12:13-14)

Dit is maklik om te sê ons moet ander liefhê, maar om die mensdom lief te hê soos God ons liefhet, moet ons weet dat liefde feitlik altyd ongerieflik is. Liefde vra tyd uit ons gejaagde program. Liefde sal vra dat ons afdwaal van ons doenlysies. Liefde gaan ons dikwels ook geld kos.

Maar die liefde is hierdie koste werd, want aan die einde van ons lewe is dit net hoe ons in ons verhoudings geleef het wat regtig sal saak maak. Dit is al wat regtig onthou sal word. En dalk is opregte liefde vir ander mense die naaste wat ons aan volmaaktheid aan hierdie kant van die hemel sal kom. Ons sal dit kan regkry deur opreg na hulle te probeer luister. Dit sal moed en oortuiging kos, maar wanneer ons op die ompaaie van ongerieflike liefde stap, sal ons op skoonheid afkom wat ons andersins sou misgeloop het.

Here, wys vir my vir wie ek vandag lief kan wees deur af te wyk van die gewone paaie op die kaart van my planne en my voorkeure. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.