Gedagte vir die dag: Verligting en rus

spieelbeeld_water_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra. (Matteus 11:29-30)

Wie het vandag gesag oor julle? Wat beïnvloed julle wêreldbeskouing? Wie is julle bron van kennis en wysheid? Hoe hanteer julle mislukkings en teleurstellings? Wat gee julle hoop vir môre?

Jesus wil julle vrymaak van die leuens van die wêreld en die las van sonde. Hy bied vergifnis wat julle nie hoef te verdien nie. Hy belowe wysheid aan dié wat vra, sonder om julle vrae as onbelangrik af te maak. Hy red julle van ’n leë godsdiens – tradisies en verpligtinge wat valslik belowe dat julle God se guns daarmee sal wen. Hy voorsien geestelike gawes en die krag om hulle te gebruik. Hy aanvaar julle volkome, en stel julle vry van die druk om ander mense te behaag. Hy gee vir julle hoop en ’n toekoms wat niemand kan wegneem nie.

Vind vandag rus in Jesus. Leer uit sy nederigheid en sagtheid. Hou op strewe daarna om goed genoeg te wees volgens mense se standaarde. Lê julle swaar laste neer en ontvang sy liefde.

Here, leer ons om in U rus te vind. Dankie dat U die las van ons sonde wegneem en vir ons lewe gee. Leer ons om soos U lief te hê. Amen.

Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.