Gedagte vir die dag: Verlore en dwalend

pad-vrou-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom. (Jesaja 53:6)

Almal sondig, sê die Skrif. Dis ’n feit. Die een wat dink dat hy nie eintlik sondig nie, verstaan nie wat sonde is nie. So een moet na sy ekkigheid, hoogmoed en liefdeloosheid begin oplet! Die Bybel se treffende beeld is dat almal “verlore”, “dwalend” is, wat beteken dat die mens nie weet waar hy is of waarheen hy gaan nie. Hy het die spoor byster geraak en dwaal nou sinloos rond.

Oral om ons sien ons hoe mense soek na iets wat hulle sal vervul: geld, genot, eer, mag – sulke dinge. In hulle soeke word ander afgetrap of seergemaak, maar as hulle gevind het wat hulle wou, bevredig dit nie. Dan moet hulle weer verder soek – waarna weet hulle self nie.

Mense is verlore! Moenie te veel op die wêreld se doelwitte of antwoorde ag slaan nie, want oplossings wat God uitsluit, is nie oplossings nie. Volgens die Bybel bly ons verlore tot ons God vind – of God ons, wat dieselfde saak is. Dít is die oplossing!

Hemelse Herder, ek was verlore, maar U het my gevind! Daarom prys ek U vandag! Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie O Grote God dat U my vind as ek verdwaal…..Lof, eer en dank kom net U toe…Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.