Gedagte vir die dag: Verlore en gevind 

woestyn_voetspore_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind (Matteus 16:25)       

Jesus vra van ons om ons lewe ter wille van Hom te verloor, en daardeur sal ons die wáre lewe vind – die lewe van oorvloed wat Hy vir ons wil gee. Hy roep ons nie om op die een of ander waansinnige selfdoodsending te gaan nie. Hy herinner ons net dat om Hom Here te noem, beteken Hy is die heel belangrikste bron en die grootste gesag in ons lewe. Die lewe wat ons verloor, is die (vals) gevoel van veiligheid wat ons kry uit ons besittings, ons verhoudings, ons regerings, ons ekonomieë en al die ander dinge waarop ons geneig is om te hoop.

Om ons lewe te verloor beteken nie ons verloor koers nie. Jou kollegas of universiteitsvriende kan jou dalk spot en sê jy het “godsdiens gevind” en “die pad byster geraak”, dat jy ’n rêrige GPS nodig het om jou deur die ingewikkelde probleme van die lewe te stuur. Die bevrydende waarheid is dat jy jou pad heeltemal goed genoeg kan vind, want Jesus het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe” (Joh. 14:6). Jesus is die weg, en jy ken Hom; daarom ken jy ook die pad. Volg daardie pad en jy sal jou bestemming bereik.

Jesus, U ken nie net die roete wat ek moet volg nie; U ís die roete wat ek moet volg. Dankie. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge. Amen!

Leon Pit ·

U o God het my lewe in U hande soos U wil geskiet is ek bereid, en wil my lewe aan U alleen gee. God is Groot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.