Gedagte vir die dag: Die verlore seun

voetpad2_namakwaland_abrits_stiltetyd.jpeg

Foto: Annelize Brits

Hy het teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen. (Lukas 15:20)

Die lewe neem ons gewoonlik op avonture weg van ons ouerhuis af. En of jy nou ’n ouer is wat by die huis bly of ’n kind is wat die huis verlaat, niks kan die liefde wat daar tussen ouers en kinders is, verander nie.

Die Here het ons selfs liewer as wat ons ons kinders of ons ouers het. Toe ons Jesus as ons Verlosser aanvaar het, het Hy ons sy kind gemaak. Hy sê vir sy seuns en dogters: “Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe” (Jeremia 31:3). Hy sal vir altyd ons hemelse Vader wees.

God se  kinders swig soms voor sonde. Soms twyfel ons of ons bevraagteken sy wil. Versoekings en swaarkry skud dalk die fondamente van ons geloof. Ons weier dalk hardkoppig om te luister en gehoorsaam te wees. Tog verander die Here ten spyte hiervan glad nie. Niks kan jou van sy liefde skei nie. Hy wag met ope arms vir sy seuns en dogters om na Hom toe terug te keer, net soos die pa in die gelykenis van die verlore seun.

Here, in u liefde maak U elkeen van ons u seuns en dogters. Hou ons asseblief altyd naby aan U. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.