Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. (Lukas 15:4)
Die mens is van nature geneig om te sondig en dit doen hy inderdaad. Onthou, sonde is om onafhanklik van God te wees, om jou eie kop te volg. Dit veroorsaak dat ons al hoe minder plek vir Hom oorhet – dat ons al hoe verder van Hom wegbeweeg. So eindig ons inderdaad ver van God af! Die Bybel se woord daarvoor is dat ons “verlore” is. Dis soos ’n hondjie wat verdwaal het en aanhou hardloop in die verkeerde rigting, of soos ’n swemmer wat moeg geword het in die diep water en sien hoe die strand al hoe verder wegraak.
Die belangrike punt by verlorenheid is dat die verlorene nie homself kan red nie. Die hondjie weet nie waar hy is nie en die drenkeling het eenvoudig nie die krag nie. Iemand moet kom en hulle red! Net so het die verlore mens géén manier om homself te red nie. Dis onmoontlik. Iemand moet hom kom red – en Iemand het! Sy Naam is Jesus Christus.
Dankie, Here! Ek was verlore, maar U het my kom soek. Ek het weggeraak, maar U het my gevind! Amen.
Lof, dank en die eer kom U toe…dankie Here Jesus my Heer en verlosser..Amen
Dankie Liewe Vader.
HalleluYah! Ons loof en prys U ons Heer en Verlosser…want U alleen kan ons verlos uit ons verlorenheid.♡