Sy sal ’n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. (Matteus 1:21)
Toe Maria se seuntjie gebore is, gee hulle hom die Bybelse naam Joshua, wat beteken “die Here verlos”. Joshua is natuurlik soos ons dit in Afrikaans sê – in hulle eie taal het Maria Hom Jeshúa genoem. In die Nuwe Testament kry ons dit weer net in die Griekse vorm “Jesus”. Jesus het die betekenis van sy Naam uitgeleef deur ons te red en as Verlosser vir ons aan die kruis te sterf. Ons, sy volgelinge, glo en wéét dat Hy die Verlosser is, want ons beleef sy verlossing in ons hart! Ons ervaar immers die Vader se vergifnis en vrede en liefde en ondersteuning!
Ervaar jy dit nog nie? Onthou, Jesus verlos almal wat sy verlossing in geloof aanvaar. Vra dit dus eenvoudig en opreg en aanvaar dan dat jy verlos is. Nou kan jy dit maar in jou hart ook beleef: wees dankbaar en tevrede, wees bly! Jubel, jy is ’n verloste!
Dankie, liefdevolle Verlosser, dat U my ook verlos. Ek neem dit in geloof aan! Amen.
Dankie Here Jesus…ek kan myself nie red nie
Amen