Gedagte vir die dag: Die Verlosser word gebore

Boekevat_Ster_BETHLEHEM.jpg

Foto: huffingtonpost.com

Meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” (Luk 2:9-11)

Met Jesus se geboorte gebruik die engel wat die vreugdenuus aan die skaapwagters oordra drie Name vir die Kind wat gebore is, naamlik Verlosser, Christus en Here. Hierdie drie Name beklem toon die belangrikheid van die Kind aan die skaapwagters. Dié Kind is die langverwagte Verlosser, wat sy volk van hul le son de sal verlos. Hy is ook Christus, die Messias. Hierdie titel kom uit die Ou Testament waar dit gebruik is vir die een wat deur God gesalf is.2 Die derde Naam Here dui aan dat Jesus die Koning is, die Heerser oor alles en almal.

Die engelelied wat op die engel se aankondiging volg, sing van twee dinge: eer aan God en vrede op aarde. Ons is geneig om net op die vrede te fokus omdat ons al so moeg is van die huidige onvrede en onrus. Maar vóórdat God vir ons vrede kan gee, moet ons éérs aan Hom die eer gee wat Hom toekom. Boonop geld die belofte net vir dié mense in wie God ’n welbehae het. Lê jou daarop toe om hierdie Kersfees vir Jesus te eer as jou Verlosser, jou Messias en jou Koning. Stel sy eer voorop, dan sal Hy vir jou sy vrede gee.

Here Jesus, ek wil U eer as my Verlosser, my Middelaar en my Koning. Skenk my asseblief u vrede. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petrus van Eeden ·

Kersfees word al vir baie duisende jare gevier, selfs baie duisende jare voor die ontstaan van die Christendom. Ons Germaanse voorouers het die fees onder andere ook gevier, onder die naam JOEL. Joel was in die Heidense tyd ‘n twaalfdaagse fees, wat begin het met Midwinter (of Sonwending). Sonwening het volgens die Juliaanse kalender op 25 Desember geval. Dit was die allerbelangrikste fees van ons Heidense voorouers, want die fees dui die punt aan waarop die winterson wend en die dae langer word. Die donker winter word verdring. Die lig keer terug en word dus herbore.

Met die koms van die Christendom, word hierdie topfees van die Heidene oorgeneem en gekersten. Hy kry n nuwe naam onder die Suidelike Germane naamlik Kersfees, maar in die Noorde van Europa het die ou naam Jule of Joel behoue gebly tot en met vandag!

Die Christene annekseer (steel/roof) dus hierdie eertydse hoogfees/vredesfees en omvorm dit tot Geboortedatum van Jesus!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.