Gedagte vir die dag: Verneder jou onder die kragtige hand van God

Jesus-wat-voete-was

Argieffoto.

Die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien. Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word. (Matteus 23:11-12)

Om jou aan God se gesag te onderwerp is dikwels ’n vernedering omdat jy teen populêre denkwyses, persoonlike voorkeure, selfbejammering en selfhandhawing moet kies om sy wil te doen. ’n Mens se sin vir regverdigheid word dikwels hierdeur uitgedaag en dan is dit moeilik om te kies. “Ja, maar”-klousules is baie algemeen in hier die proses.

Om aan God gehoorsaam te wees beteken jy moet jouself ’n paar dinge ontsê. God se kragtige hand praat van erkenning van sy teenwoordigheid in die wêreld om jou. Die gevolg is dat God jou dan oplig sonder dat jy jou skuldig maak aan selfverheffing. God is baie goed daarin om mense met eer en heerlikheid te bekroon. Dit gebeur gereeld.

Dié wat deur God verhoog word, hoef nie daarvoor te veg nie. Dit is nie nodig om te baklei om dit te behou nie. Hulle kan dit maklik weggee, want God gee dit en God kan dit wegneem as Hy wil. Hierdie mense stem met alles saam wat God doen en geniet groot vrede in hulle lewe as gevolg daarvan. Hulle ingesteldheid erken dat dit soms moeilik is om God te gehoorsaam, maar hulle doen dit in elk geval. Hulle vergewe wanneer almal dink hulle is geregtig op wraak. Hierin is Jesus ons voorbeeld toe Hy aan die kruis gehang het en God gevra het om dié wat Hom tereggestel het te vergewe: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Luk 23:34). My grootste wins is God en Hy sal my op die regte tyd verhoog.

Bron:
Op vlerke van geloof deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andries ·

Ek kan slegs in skaamte erken dat dit so dikwels die geval is dat ek teen die regte besluit stem juis vir eiegewin net om later weer hard terug te val . Dankie dat Abba Vader dan my vergewe en die regte pad wys.

Bees ·

Is deel van die onderwerping die vreeslike ge-offer van selfs mense sos in Lev 27 vers 28?

Adam ·

Dit is ok ons sal jou abba,maar dit js baie beter as jy op jou eie bene kan staan.

Barend ·

Ek word vergewe slegs as ek berou het oor my sonde, my sonde bely en die Here vra om my te vergewe.
Hoe moet ek nou iemand vergewe wat teen my oortree het, maar geen berou toon en nie na my toe kom en vra om hom te vergewe nie?
In al die gelykenisse in die Bybel waar ons vermaan word om te vergewe, besef/bely die oortreder dat hy oortree het en vra/smeek hy om vergifnis, anders is daar nie vergifnis nie.
Word daar nou van my verwag om iets goedkoop van vergifnis te maak?

duifie ·

Toe Jesus aan die kruis gehang het, het niemand Hom omverskoning gevra nie, tog het Hy gebid vir die wat Hom gekruisig het, gevra dat Sy Vader hulle vergewe…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.