Gedagte vir die dag: Verryk jou geloof

Man_veld_Bybel_Stiltetyd_.jpg

Foto: teachingthem.com

Julle moet alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. (2 Petrus 1:5-7)

Geloof alleen is nog nie genoeg nie, meen Petrus. Ons geloof moet aangevul word met belangrike eienskappe soos deugsaamheid, kennis, selfbeheersing, volharding, godsvrug, liefde onder mekaar en liefde vir alle mense. Eers dan sal ander mense aan die manier waarop ons ons geloof uitleef, kan sien dat ons kinders van God is wat volgens die voorskrifte leef wat Hy in sy Woord uiteen sit. “Liefde is die seël wat as die sekerste bewys dien dat mense deur Goddelike krag toegerus is om vir Christus te leef,” skryf Johan Smit in Wandel deur die Woord (p. 294).

Gaan Paulus se aanvullende lysie hierbo deur en maak ’n merkie by die eienskappe wat nog nie in jou eie geloof aanwesig is nie. Wanneer jou geloof verryk is met hierdie eienskappe, sal jy Jesus al hoe beter leer ken.

Here Jesus, help my om my eie geloof te verryk met die verskillende eienskappe wat Petrus aanbeveel sodat ek U al hoe beter sal leer ken. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.