
Foto: pixabay.com
Deur Christus glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig. (1 Petrus 1:21, Bybel in Afrikaans 1983/1992)
Vertroue is die kern van ’n goeie verhouding. As jy iemand vertrou, kan jy seker wees van hom of haar. Maar net God kan volkome vertrou word sonder om bang te wees vir teleurstelling. Mense, wat nie volmaak is nie, sal jou soms teleurstel; anders as God, wat volmaak is. Die wêreld is vol onsekerhede, maar jy kan verseker wees dat God altyd sy beloftes sal nakom.
Hoe beïnvloed die wete dat God sy beloftes sal nakom jou verhouding met Hom vandag?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Ek slaan my oe op na die berge waar sal my hulp vandaan kom….dankie Here ek weet verseker net van U af kom daar hulp….lof dank en eer kom U alleen toe… Amen