Gedagte vir die dag:  Verstaan verlies  

twee stap_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. (2 Korintiërs 4: 16)

Ons almal beleef verlies – verlies van mense, verlies van ’n werk, verlies van verhoudings, verlies van onafhanklikheid, verlies van dryfkrag, verlies van besittings. Wanneer dít wat vir jou kosbaar is as ’n geskenk beskou kan word, ’n wonder omdat jy dit enigsins gehad het, kan die herinnering daaraan uiteindelik eerder een van dankbaarheid as tragedie word. Dan sal jy die genesing vind wat jy nodig het.

“My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd.” ~ Psalm 73:26

Heilige God, verlies is vir ons so moeilik, maar ons weet U het ons nie in ons uur van smart verlaat nie. Ons bid vir u vertroosting terwyl U, Here, ons met u hand staande hou. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.