Gedagte vir die dag: Versterk die innerlike mens

Bid_hande_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens. (Efesiërs 3:14-16)

Op een of ander stadium gaan ons almal deur verdrukking en beproewing. Dit lyk asof party mense meer ly as ander. Wat ons saam geleer het, is dat ongeag hoeveel ons ly, of waardeur ons moet gaan, ons op God kan vertrou wanneer Hy vir ons sê: “My genade is vir jou genoeg” (2 Korintiërs 12:9).  Ek wil hê ons moet tyd spandeer om na innerlike krag te kyk.  Watter rol speel innerlike krag in jou vermoë om beproewing en verdrukking in jou lewe te hanteer?

Paulus bid vir die Efesiërs: “Dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens” (v.  16). Dit is innerlike krag wat spruit uit die wete dat God se genade genoeg is en dit vir ons moontlik maak om alle dinge te verdra. Die wete dat Christus ons harte bewoon, gee ons geloof; ons is nie alleen in hierdie stryd nie. Ek wil jou ’n vraag vra: Weet jy dat God jou liefhet? Jou antwoord hierop sal bepaal hoe jy lyding in jou Christelike lewe kan hanteer.

Luister na wat Paulus vir die Efesiërs gebid het; hy bid dieselfde vir ons: “Sodat Christus deur die  geloof in julle harte kan woon,  julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God” (vers  1719). Die sleutel om te weet dat God jou liefhet, lê in die eerste gedeelte van vers 17: “sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon”. Paulus voltooi sy gebed: “En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen” (vers 20-21).

My Vader, ek dank U vir die wonderlike bemoediging wat ek vandag uit Paulus se gebed ontvang het. U is die Een wat my innerlik  versterk.  Ek voel gerus dat u genade vir my genoeg is en ek weet dat U my liefhet. Amen.

Bron: In stilwees en vertroue deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.