Gedagte vir die dag:  Verteenwoordigers           

bospad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Lig sal op jou pad skyn. (Job 22:28, Die Boodskap)

Om op te staan vir dít waarin jy glo, ongeag alles wat teen jou tel en die druk wat dreig om jou weerstand te laat verkrummel – dui op moed. Om te bly glimlag terwyl dit innerlik voel of jy sterf, bloot om ander te ondersteun – dui op krag. Om nie toe te laat dat iets jou keer nie en te doen wat jy in jou hart weet reg is – dui op vasberadenheid. Om meer te doen as wat van jou verwag word, om iemand anders se lewe ’n bietjie draagliker te maak sonder om een keer te kla – dui op medelye. Om ’n vriend in nood te help, maak nie saak hoe laat dit is of wat dit van jou vra nie, en om dit tot die beste van jou vermoë te doen – dui op lojaliteit. Om meer te gee as wat jy het en niks in ruil te verwag nie – dui op onbaatsugtigheid. Om jou kop hoog te hou terwyl jy elke probleem met die vertroue hanteer dat die tyd vir jou ’n beter môre sal bring, en om nooit op te gee nie – dui op vertroue.

Jesus, ons is u verteenwoordigers. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.