Gedagte vir die dag:  Vertel die Here van jou probleme

bid_kniel_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek kwyn weg van kommer, skenk my krag soos U in u woord beloof het. (Psalm 119:28) 

Dawid was baie keer bekommerd; daar was dosyne dinge wat in sy lewe verkeerd geloop het. Hy moes dikwels vlug vir sy vyande en het in groot gevaar verkeer. Maar Dawid het geweet by wie hy om hulp kon aanklop en in sy psalms getuig hy dat God hom elke keer gehelp het.

As daar dinge in jou lewe is waaroor jy bekommerd is, probleme waarvoor jy nie oplossings het nie, gaan vertel hulle vir die Here; Hy sal vir jou die krag gee om hulle op te los.

Die werklike oorwinning oor kommer is die oorwinning wat ons slegs kan leer aan die voete van Een wat nooit besorg was nie, hoe swaar belas Hy ook al was. ~ Ralph Heinen

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat U alles van my weet…dat U elke storm ken en my daardeur lei….ek skuil by U in vertroue en in Jesus se kosbare Naam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.