Gedagte vir die dag: Vertel dit aan die hoogste gesag

 Vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Vergeef ons ons sondeskuld soos ons ook óns skuldenaars vergewe het. (Matteus 6:12)

Jy het hierdie woorde seker al honderde of selfs duisende kere in die skool of kerk opgesê. Jesus leer sy dissipels van gebed en hierdie is die sleutelbegrip – om ons eie behoefte aan vergifnis na Hom toe te bring, en die vergifnis wat ons aan ander moet bewys.

Wanneer jy dus weet dat jy iemand moet vergewe, maar in plaas daarvan verval jy telkens in denkbeeldige tirades met die persoon, eskaleer jou klagte en neem daardie tirades ’n stappie hoër. Neem hulle tot heel bo. Neem hulle na God toe. Bid.

Vertel God van die seer of woede. Ja, Hy weet. Hy het die hele affêre gesien. Hy het dit selfs sien kom. Ontrafel nogtans jou storie voor die Een wat luister en liefhet en die nuanses van elke kant van die storie ken. Vertel Hom wat gebeur het en hoe jy daaroor voel. Sê vir Hom dat jy die persoon nie wil vergewe nie, maar dat jy graag die begeerte wil hê om te vergewe. Soort van. Soos die pa van die seun met die bose gees, toe hy teenoor Jesus uitgeroep het: “Ek glo! Help my tog om nie meer te twyfel nie!” (Mark. 9:24).

Probeer vandag om jou ergernisse oor die persoon wat jou seergemaak het teenoor God te lug, eerder as om dit met iemand anders te bespreek of om jouself siek te maak met wrewelrigheid.

Here, ek gaan vir U alles vertel, al weet U dit reeds. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bees ·

Hoogste gesag-Zuma?Die NG kerk het mos nog altyd gese eerbiedig jou regering. Meer spesifiek toe hul en die NP in beheer was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.