Gedagte vir die dag: Vertroetel jou siel 

spieelbeeld_water_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Spits julle ore! Luister na die boodskap van die Heilige Gees. Dit is vir julle, die gelowiges, bedoel. (Openbaring 2:7)     

Die siel van ’n vrou het regtig baie spesiale aandag nodig. Ons is mos – ondanks al die wonderlike dinge wat ons kan doen – eenvoudig meer sensitief, broser en kwesbaarder as ons manlike eweknie. En die werklikheid is dat elkeen van ons persoonlik verantwoordelik is vir daardie deel van ons lewens. Ongeag almal en alles wat ons aandag vereis, is die onderhoud van jou siel ’n móét! Want wanneer ek en jy ons siele afskeep, het dit ’n invloed op al die ander dinge en mense in ons lewens.

Vra jouself vandag hoeveel minute van jou dag jy bestee aan die versorging van jou siel. Hoeveel tyd staan jy af om sy wonderlike Woord te ontgin en dit jou eie te maak? Hoe gereeld praat jy met die Gees in jou gewone daaglikse lewe? Weet God dat jy Hom liefhet, dankbaar teenoor Hom is en Hom eer omdat jy Hom so gereeld die dank en lof van jou hart bring?

Wanneer jy jou siel versorg, verander elke aspek van jou lewe. Dan lééf jy as vrou werklik.

Gees van God, ek wil U met my hele lewe loof.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Pragtige stukkie…………………….vir vrouens. Is daar nie iets vir mans ook nie ??

Maria ·

Mooi stuk vroue”wysheid geskenk ” dankie!
Frikkie daar is en julle het meer die voorreg dit priester in die huis ” man van GOD” maar soms gebruik julle dit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.