Daar is ’n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd. (Prediker 3:1)
God ken elke dag van jou lewe. Hy het ’n plan vir jou, en Hy ken die perfekte tydsberekening vir elke aktiwiteit wat Hy vir jou beplan.
Dikwels hardloop jy vooruit of kyk jy terug. Jy kwel jou oor foute van die verlede. God ken die persoon van jou verlede, en Hy het die persoon wat jy sou word ook geken. Hy het ’n plan. Dis ’n plan vir jou toekoms en ’n plan vir vandag.
Toe God jou treë beplan het, het Hy elke keuse wat jy sou maak – wys of onwys – geken. Jou foute was egter nog nooit té veel vir God nie. Hy het geweet op watter dag jou hart na Syne sou draai. Met die wete dat hierdie dag sou kom, het God ’n plan gehad. ’n Goeie plan vir die dag wat jou hart sy hart sou leer ken.
AMEN
Amen..dis baie waar .