Gedagte vir die dag: Vertrou in onseker tye

Wolke_pad_be…t_Dykema.JPG

Foto: Reint Dykema

Ek lei blindes op ’n nuwe pad, op paaie wat vir hulle onbekend is. Ek maak die donkerte voor hulle helder lig, en die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Ek gaan dit alles doen, en hulle nie alleen los nie! (Jesaja 42:16)

Ek sal vir jou geleenthede gee om die onbekende te betree en jou geloof dan aansê om nie die hele tyd te vereis om te sien nie. Jy sal gedurig voor situasies te staan kom waar jy besluite moet neem, en jy sal onseker wees oor wat om te doen. Dié onsekerhede is nie in jou lewe om twyfel by jou te veroorsaak nie, maar om jou te leer om op My staat te maak vir elke tree wat jy gee en om jou geloof te versterk. Ek sal dié situasies gebruik om jou geloof op nuwe maniere te beproef. Ek is in die proses om jou geloof te beproef en waar te maak. Moet daarom nie die oorweldigende onbekende vrees nie.

Besef dat as jy elke situasie met jou eie wysheid en hulpbronne kon hanteer, jy nie in die geloof sou beweeg nie. Jy sou die geleenthede misloop waarin Ek my teenwoordigheid, mag en vrede in jou reis deur die lewe kan openbaar. Wanneer Ek jou uitdaag om ’n tree in die geloof te neem, maak Ek ook seker Ek rus jou toe met alles wat jy nodig het om in vaste hoop te leef. As Ek van jou vra om ’n tree in die geloof te neem, kan jy seker wees dat Ek jou sal lei en rig sodat jy die oorwinning behaal. Ek vra net dat jy My soek, vertrou en gehoorsaam terwyl Ek jou lei, in die volle versekering dat Ek jou nooit sal verlaat nie.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Roela ·

Abba Vader ek vertou U dat U uitkoms gaan bring. Ek vertrou U met alles in my, dankie Jesus.

AgNee ·

Julle, al klink hierdie so wonderlik en selfs ‘waar’ op die oor, is dit net nie reg nie, jammer. Mens kan nie dagstukke aanbied asof God in die eerste Persoon met ons praat nie. Dis heiligskennis. Ek is nie verkramp nie, maar dit tas God se heiligheid aan en geen mens kan praat asof direk vanaf God se stem weergegee nie. (Hoop jul verstaan wat ek probeer seg…:) ). Asseblief julle, dis in hierdie tye al hoe meer algemeen dat mense sg. al hoe meer direk God se spreekbuise is en praat asof dit Sy eie stem is. Dis ontstellend en ‘n baie gevaarlike posisie om in te neem. Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.