In God, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan ’n blote mens aan my doen? (Psalm 56:5)
Dis maklik om vrees teenoor vertroue te stel en bloot te sê: Vriend, hou op vrees. Vertrou eerder! Dit sou heeltemal waar wees, want vrees staan inderdaad teenoor geloof. Ons probleem is egter dat dit nie so maklik is nie. Ons wéét dit is waar, maar ons is menslik en sommige situasies is kommerwekkend. Hoe gaan ons eenvoudig ’n emosie soos vrees afskakel? Ons kan wel meer beheer oor vrees ontwikkel, en die volgende kan jou help:
Bely jou vertroue – deur dit te sê, te skryf, te herhaal. Onthou, emosies reageer op persepsies – laat ons emosies dus op goddelike waarhede gebaseer wees. In hierdie psalm is daar ’n waarheid waarop jy kan fokus: Mense kan niks aan jou doen nie; trouens níks kan gebeur as die liefdevolle Vader dit nie toegelaat het nie, want Hy is steeds in beheer.
Ons moet ook leer om in God se teenwoordigheid te ontspan. Neem 15 minute, sonder jou af en word stil voor die Here. Speel aanbiddingsmusiek en haal net rustig en diep asem.
Liefdevolle Vader, ek vertrou U inderdaad. Help my om my vrees te leer hanteer, Here. Amen.
Amen
Amenen dankie Here!
Ons dien n getroue God. Dankbare hart dankie vir die deel van die Woord.
Vrees lei tot depressie en dit kom direk van satan. Ons moet ook weet dat depressie is ‘n siekte en jy kan nie net vir iemand vra om homself reg te ruk nie.