Gedagte vir die dag: Vertrou op die Here

 ou-murasie-stiltetyd-pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

’n Koning word nie gered deur ’n groot leër nie, ook nie ’n krygsman deur groot krag nie. Ons vertrou op die Here om ons te red. Hy is ons hulp en beskerm ons soos ’n skild. (Psalm 33:16, 20)

Ons probeer almal baie hard om ons teen seer- en swaarkry te beskerm. Ons spaar geld vir uitgawes en rekeninge wat ons in die toekoms sal moet betaal. Heinings en slotte en veiligheidshekke moet ons huise beveilig. Ons drink vitamienpilletjies en was ons hande om te keer dat ons siek word. Baie tyd, geld en moeite word daaraan bestee om veilig te voel en moeilikheid te probeer vryspring.

En tog, al probeer ons ook hoe hard, is niemand van ons se lewe probleemvry nie. Ongelukke gebeur, dinge loop skeef en die “mure” wat ons rondom ons gebou het, stort in duie. Ons probleme herinner ons aan hoe min beheer ons werklik het.

Wanneer ons bang of oorweldig voel deur moeilikheid, bied die Here hoop: Hy is ons helper; die een wat altyd by ons is. Wanneer ons bid, antwoord Hy. Hy is groter, sterker en kragtiger as enigiemand of enigiets op aarde. Hy is soos ’n magtige kryger wat altyd gereed is om te veg vir ons veiligheid. Kom ons verander ons vrees in geloof en vertrou volkome op Hom.

Here, dankie dat ons kan vertrou op u krag. Maak ons rustig en help ons om dapper te wees terwyl ons vashou aan die wete dat U vir ons sorg. Amen

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

PATRICIA ·

Amen. Prys Sy Naam in die wete dat ons nooit hoef te twyfel op Sy hulp en beskerming nie.

Yvonne ·

Dankie Here al wankel my geloof soms….U is getrou en tel my weer op…..op U alleen is my hoop my vertroue…dankie Heer vir genade….elke dag nuut…Amen

Porseleintjie ·

U is Jesus Christus ons enigste Hoop. U is God ons Voorsiener, God ons Geneesheer, God van vrede, God van Geregtigheid. U is die onsterflike God.
You are the Waymaker, Miracle Worker, Giant Slayer, Promise Keeper, Mountain Mover. You are our Everlasting Father.

Flower Girl ·

Dankie Vader . Al is ons as mens soms ontrou aan U. Bly U getrou..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.